Eendekuil Primêr Ons storie
Eendekuil Primêr is `n kwintiel 1 skool wat bestaan uit 321 leerders. Ons word befonds deur die WesKaapse Departement van Onderwys. Ons is geleë in die hartjie van die Bergrivier streek. Ons sien onsself as `n veilige en gesonde hawe vir ons leerders. Ons is baie trots daarop om te kan sê dat ons daagliks om en by vir 150 leerders kos gee.
Elke opvoeder en personeellid van die Eendekuil Familie is hand uitgesoek.
Ons probeer om die beste van elke dag te maak en om elke dag te verbeter op die dag van tevore.
Hier by Eendekuil Primêr is ons `n gevestigde familie wat daarna streef dat elke kind sy volle potensiaal bereik.
Vir baie is ons net `n Plattelandse skooltjie, maar vir ons gemeenskap is ons `n ankerpunt.
